Mfesane’s HCBC in Booysenspark het onlangs die YOLO (You Only Live Once) program vir kinders tussen 12-15 jaar oud afgeskop. Hierdie program het ontstaan uit die Departement van Sosiale Ontwikkeling. YOLO staan bekend as die #YOLOBeweging en beoog om tieners te betrek in gesprekke aangaande lewensaspekte wat hulle raak.
Die program is reeds vir ‘n maand aan die gang - met ses van die twaalf sessies gefasiliteer deur gemeenskapsgesondheidswerkers. Hiér kan die 20 kinders wat deelneem, in ‘n beskermde omgewing gesels oor hul lewenservaringe en uitdagings, asook onderwerpe soos groepsdruk, verhoudings en seks - waaroor die meeste kinders nie tuis wil praat nie.
Dié soort programme maak ‘n waarlike verskil in die lewens van die kinders wat dit bywoon – hul selfbeeld word opgebou en hulle word geleer ingeligte besluite te neem.